School sportSport

Vossie atlete vaar goed by nasionale atletiekbyeenkomste

Ses atlete van die Hoërskool Ben Vorster het tydens die April vakansie onderskeidelik aan die ASA-junior baan- en veld- en die SA-skole atletiekkampioenskappe deelgeneem.

Shaun Roulston, Lara Schutte, Renzo du Plessis en Gustav Prinsloo het aan die SA-skole atletiekbyeenkoms by Kings Park Stadion in Durban deelgeneem.

Shaun het ‘n silwer medalje verower in die SO/15-verspring en Gustav het agtste geëindig in die SO/19-spiesgooi. Lara het ‘n 12de plek behaal in die MO/19-200m en ‘n negendeplek in die MO/19-400m. Renzo du Plessis het sesde geëindig in die SO/15 300m-hekkiesuitdunne en vierde in die SO/15 100m-hekkies uitdunne.

Lara Schutte, James Vorster, Ogievly Ngobeni en Gustav Prinsloo het by die ASA-byeenkoms, wat by die Groenpunt stadion in Kaapstad plaasgevind het, deurgedring na die finale vir hulle items en soos volg presteer:

Lara het ‘n agtsteplek in die 400m vir juniors behaal.

James Vorster was 12de in die spiesgooi jeug-afdeling en Gustav Prinsloo was vyfde in die spiesgooi juniorafdeling.

Ogievly het ongelukkig voor die tyd weggespring in sy 100m uitdunne en is gediskwalifiseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button