School sportSport

Vossies neem deel aan Hansieweek

Sukses vir Vossies se rugby toerspanne.

Die sogenaamde Hansieweek, wat deur die Hoërskool Hans Strijdom te Naboomspruit aangebied is, het soos gewoonlik goeie kompetisie vir die Vossies gebied. Die O/14-, O/15 A- en B-, O/16A- en tweedespanne het aan die toernooi deelgeneem.

Die spanne het altesaam 11 van hulle 15 wedstryde gewen.

Die O/14A-span het teen Swartkop verloor 5-51 maar het Hoogenhout 36-14 en Midstream 24-12 gewen.

Die O/15A’s het al hul wedstryde gewen. Hulle tellings was 26-7 teen Hugenote, 31-0 teen PHS en 41-12 teen Oos Moot.

Die O/15B’s het al hulle wedstryde teen A-spanne gespeel. Hulle het teen Wolmaranstad verloor 19-40 maar het Carltonville 70-7 en Hoogenhout 20-15 gewen.

Die O/16A’s het met Ligbron 21-7, Hugenote 50-10 en Heidelberg Volkskool 17-7 afgereken.

Die tweedespan het twee wedstryde gewen en een verloor. Hulle het 5-19 teen Hugenote verloor en Oos Moot 12-10 en Hans Strijdom 19-0 gewen.

Die Vossies se eerstespan het aan die King Edward School se rugbyfees te Johannesburg deelgeneem. Hulle het in ‘n spanningsvolle wedstryd teen Waterkloof 24-38 verloor, maar het oorwinnings behaal oor twee gerekende rugbyspanne: Kingswoods College en Jeppe Boys High. Die Vossies het Kingswood 25-10 en Jeppe Boys High 19-13 gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button