School sportSport

Plasie-hokkie neem nuwe neiging op

Die hokkiespelers van Hoërskool Merensky wou nie na afloop van die hokkieseisoen die hokkiestokke ophang nie.

Daarom is inisiatief geneem en het Fives Hockey vir die eerste maal op Plasieland die lig gesien.

Fives Hockey is die nuutste neiging wat ‘n korter weergawe van die tradisionele hokkiewedstryd is, in tred met internasionale sportkodes soos krieket (T20), rugby (7’s) en sokker (5’s). Hierdie blits-manier van hokkie speel is reeds verhef tot ‘n olimpiese sport.

By Merensky kon die spelers oor die afgelope twee weke by ‘n junior- of seniorliga vir seuns of meisies inskryf. Elke span het ‘n Plasienaam gekry.

In die junior meisiessafdeling wen die Loeries die Macs, 6-4. Die Rustons sit die Bosvarke ore aan in die junior seunsafdeling, met ‘n loesing van 7-2.

In die senior meisiesafdeling wen die Macs die Loeries, 8-5. Die Frikkie Deysel senior seunspan oorwin die senior Rustons, 4-2.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button