School sportSport

Boogskiettrio by nasionale veldkampioenskap

Drie Merensky boogskieters het onlangs aan die Gauteng Nasionale Veldkampioenskap buite Alberton deelgeneem.

Sean Hunt (YAMFU), Ashley Hunt (JFFU) en Canéll Jackson (JFBU) van die Merensky Boogskietklub het, saam met 100 ander skuts, aan die Gauteng Nasionale Veldkampioenskap buite Alberton deelgeneem.

Op 16 en 17 September moes dié boogskiettrio alles uithaal en het hulle hul onderskeie afdelings gewen.

Merensky se Sean en Ashley Hunt en Canéll Jackson.

Elkeen het 112 pyle laat sing oor afstande van sover as 73 meter.

Winderige toestande en ‘n moordende son het Canéll nie gekeer om 2 nasionale kwalifiseerders te behaal nie. Geluk aan Ashley wat op dag 2 ‘n persoonlike beste skiet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button