School sportSport

Blitsige Plasie-bouler beïndruk

‘n Voormalige Protea krieketspeler, Mfuneko Ngam, het op Woensdag, 11 Oktober, namens Krieket Suid-Afrika ‘n werkswinkel vir hoërskool boulers in Limpopo aangebied.

Kian Loughor-Clarke, Shaahil Shaikh, Kieran Albertus, Mistry Khushi, Juan Smalle en Gerhardus Fourie het Merensky by hierdie leersame geleentheid verteenwoordig.

Behalwe vir werk in die nette, is elke bouler se spoed ook getoets om die top 10 hoërskool snelboulers te bepaal.

Gerhardus Fourie, wat tans vir die Plasies se o.15-span uitdraf, het merkwaardig presteer deur bekroon te word as die vinnigste hoërskool snelbouler in Limpopo. Hy het ‘n allemintige 135km per uur aangeteken.

Gerhardus ontvang sy prys as vinnigste snelbouler in Limpopo.

“I can not imagine when that kid is 18 years old, what he’s going to do,” aldus Ngam.

Fourie sal eersdaags in die Kaap teen ander provinsies se snelboulers meeding om te bepaal wie die vinnigste in Suid-Afrika is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.

Related Articles

Back to top button