School sportSport

Merensky tennis onnie tweede beste in SA

Merensky se tennis afrigter, Alexandra Dreyer, het onlangs die tweedeposisie in Suid-Afrika bekleë.

ALEXANDRA Dreyer, tennis afrigter by Hoërskool Merensky, het van 9 tot 14 Oktober vir die Gauteng-Noord 30+ A-span aan die Suid-Afrikaanse tenniskampioenskap in Bloemfontein deelgeneem. Ses provinsiale spanne het vyf dae lank meegeding om te bepaal wie die interprovinsiale spankampioene is. Dreyer se span het met die louereweggestap. Dreyer het 10 wedstryde in dié toernooi gespeel, waarvan sy agt gewen het. Sy bekleë tans die tweedeposisie in Suid-Afrika in die vroue 30-35 ouderdomsgroep. Dreyer speel oor die volgende drie naweke Gauteng-Noord geslotetoernooie ten einde te kwalifiseer vir opname in die 2018 provinsiale span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.

Related Articles

Back to top button