School sportSport

Plasie swemmers kwalifiseer vir SA’s

Drie Plasie-swemmers het kawlifiserende tye geswem wat laat hulle aan die Suid-Afrikaanse Vlakke Kampioenskap deelneem.

Ten spyte van ysige weer het drie swemmers van Hoƫrskool Merensky op Saterdag, 14 Oktober, deelgeneem aan die vierde ouderdoms groep swemgala by die Tzaneen munisipale swembad.

Daniel Smit swem reeds op nasionale vlak en het tydens hierdie gala aan die 200m rugslag en -vryslag en 1 500m vryslag items deelgeneem.

Daniel Smit, Hoƫrskool Merensky, en Ockert Schoeman, Laerskool Tzaneen.

Hy het sy persoonlike tyd in die 200m rugslag verbeter. Kayla Olivier het met haar 50m borsen rugslag items gekwalifiseer vir Vlak 2.

Ronan Theron het met sy 50m vlinderslag gekwalifiseer vir Vlak 2. Hy het ook die 50m borsslag trotseer.

Swemmers kry tydens hierdie galas geleentheid om kwalifiserende tye te swem en daarmee deel te neem aan die Suid-Afrikaanse Vlakke Kampioenskap en Nasionale Jeug kampioenskap vroeg in 2018.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.

Related Articles

Back to top button