School sportSport

Plasies skitter by swemgala

Hoërskool Merensky se Interhuisswemgala het op Maandag, 10 September, onder luide toejuiging plaasgevind.

Al vier die huise (Ventus, Terra, Ignis en Aqua) was goed verteenwoordig in en om die water. Daniel Smit (graad 9) en Marc Wigginton (graad 12) het rekords verbeter in die 100m vryslag en100m rugslag items.

Hierdie jaar het die leerkragte die uitvoerendekomitee uitgedaag vir ‘n aflossessie. ‘n Klop op die skouer vir die onderwysers wat in Chad le Clos-styl geseëvier het. Die “tjoepie”-resies in huisverband was ‘n hoogtepunt, wat gesorg het vir vet waterpret.

‘n Week later het die Plasie-swemspan in die versengende Musina hitte, sake in die interhoër swemgala uit gespook.

Amelia Booth, graad agt, het bewys dat swem vir haar net so maklik gebeur as langafstand hardloop.

Sy verwerf vier goue medaljes (vir die 200m individuele wisselslag, 50m vryslag, 100m rugslag en 50m vlinderslag) en een silwermedalje, en hiermee die titel Junior Victrix Ludorum.

Kagiso Hoaene het ook ‘n gouemedalje in die 50m borsslag ingepalm. Merensky se junior aflosspanne het ook puik presteer met die O/14 dogters en die O/15 seuns wat hul onderskeie 4 x 50m wisselslag aflosse gewen het. Altesaam 39 medaljes (5 goud, 15 silwer en 19 brons) keersaam met die Plasieshuis toe. Merensky is trots daarop om hierdie jaar as naaswenner van ses skole uit die stryd te tree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button