School sportSport

Vossies geniet nat rugbyweek

Hoërskool Ben Vorster het van 20 tot 25 Maart die Ben Vorster Rugbyweek aangebied, met 30 spanne van regoor die land wat meer as 30 wedstryde gespeel het.

Die Vossies het goed gevaar en het ten spyte van die nat velde goeie gees gehad. Spanne van Jeugland, Bergsig, Eric Louw, Northern Academy, Noordkaap, Frikkie Meyer, Ferdinand Postma, Bastion, Ben Viljoen, Helpmekaar en die gasheerskool het ‘n fees van rugby geniet.

Die Piesangskille, ‘n bekende sanggroep het ook op die Vrydagaand by die skool opgetree met kaartjies vir die vertoning wat reeds dae voor die tyd uitverkoop het. Die Vossies se eerstespan, die Buffels, het 43-0 met Bastion afgereken, maar ongelukig kon die laaste wedstryd van die rugbyweek nie plaasvind nie.

Lees ook: Vossies laat rekords spat by interhoërswemgala

Hoërskool Ben Vorster het van 20 tot 25 Maart die Ben Vorster Rugbyweek aangebied, met 30 spanne van regoor die land wat meer as 30 wedstryde gespeel het.

Die kragmeting tussen die eerstespanne van Ben Viljoen en Ben Vorster was weens die reën afgestel. Die Vossies se o/14-span speel teen Ben Viljoen en wen die wedstryd 21-10. Die o15A-span speel ook teen Ben Viljoen en wen die kragmeting 45-6.

Die Vossies se o/16A-span speel teen Jeugland en wen die wedstryd 22-14. Die o/14’s speel ook klaar met Jeugland en wen hulle wedstryd oortuigend 48-3. Die o/15A-span van die Vossies speel teen die B-span van Hoërskool Helpekaar en wen 19-0. Die o/16’s speel teen Ben Viljoen en wen 33-5.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button