News

Vlokkie begin op bank vir Bulle

Jeug en klubspelers pak Boland in eerste Curriebeker kragmeting.

Die oud HTS Middelburg senter, Christiaan Vlok, is op die plaasvervangerbank gekies vir die Blou Bulle se Curriebeker span wat Sondag teen die Boland in Wellington speel.

Vlokkie, soos hy op skool bekend was, het ’n lang loopbaan as Varsitybeker speler, eers vir die Noordwes Arende en daarna vir Tukkies. By albei universiteite het hy die Varsitybeker omhoog gehou.

Die veelsydige losvoorspeler Nama Xaba is aangewys as kaptein van die Bulle XV.

Die span word afgerig deur Phiwe Nomlomo.

Daar is ‘n welkome terugkeer vir die ervare stut Dylan Smith, wat vir byna ’n jaar weens ’n besering op die kantlyn was en terugkom na maande van deeglike rehabilitasiewerk.

Die ervare Keagan Johannes sal die leisels op losskakel oorneem met die opwindende paar van PA van Niekerk en Demitre Erasmus op senter.

Hakeem Kunene, die voormalige SA o.20-speler wat van die Haaie geteken is, sal sy debuut in die ligblou trui maak en op die vleuel speel. Voormalige Haaie- en o.20-spanmaat Mawande Mdanda sal ook sy debuut vir sy nuwe span maak, as vaskop.

As ’n aanduiding van die span se belegging in jeug, sal agt spelers hul Carling Currie Cup-debuut maak: Jaundre Schoeman, Damian Baker, Dian Coetzee, Cephas van Biljon, Chinedu Amadi, Viaan Mentoor, Christiaan Vlok en JJ Motlhodi.

Die losvoorspeler, Chinedu Amadi, is maar 18 jaar oud.

Boonop het die Vodacom Bulle XV-afrigters vyf klubspelers in die wedstryddaggroep gekies.

Die Bulle het Saterdag met 50-47 teen Namibië gewen in ’n opwarmingskragmeting.

Afskop Sondag is om 15:05.

Vodacom Bulle XV

1. Dylan Smith, 2. Jaundre Schoeman, 3. Mawande Mdanda, 4. Sintu Manjezi, 5. Nicolaas Janse van Rensburg, 6. Nama Xaba (k), 7. Abongile Nonkotwana, 8. JJ Theron, 9. 13. Demitre Erasmus, 14. Hakeem Kunene, 15. Devon Williams. Plaasvervangers: 16. Shaun Schürmann, 17. Damian Baker, 18. Dian Coetzee, 19. Cephas van Biljon, 20. Chinedu Amadi, 21. Viaan Mentoor, 22. Christiaan Vlok, 23. JJ Motlhodi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button