Sport

Spannende twee weke, dis Virseker

Gaan Zwartkop Nelspruit se partytjie bederf?

Gaan Nelspruit bo aan die punteleer bly?
Gaan HTS Middelburg verder gly?
Het Hoërskool Middelburg in sy eerste jaar in die bekerafdeling van die Noordvaal Virsekerbeker genoeg gedoen om weer tussen die top spanne te speel?

Die afrigter wat die rustigste kan slaap is Christiaan Gouws.
Al het die span in groen twee moeilike wedstryde teen die voorlopers, Garsfontein, en Noordheuwel oor, is hulle ouderdomspanne besig om top vorm te bereik.

Daar kan met ’n geruste hart verwag word dat Hoërskool Middelburg met nuwe afrigters en ’n hoër afdeling die toets geslaag het.
Saterdag is dit Garsfontein tuis en die week daarna Noordheuwel weg.

HTS Middelburg het ’n moeilike twee weke

Eerstens moet hy Saterdag tuis teen Zwartkop speel wat net een punt agter Nelspruit op die punteleer is.
Die moeilike kragmeting gaan die week daarna teen Nelspruit in die Laeveld wees.
Jano Venter se span sukkel so met beserings dat hy net nie kompeterend is nie, soos die nederlaag die afgelope Saterdag teen Oos-Moot gewys het.

Daar is ’n verwoede stryd tussen MJ Mentz se Nelspruiters en Zwartkop.
Nelspruit het 25 punte op die algehele punteleer en Zwartkop 24. Kemptonpark het 22, Transvalia 18, HTS Middelburg 15, Oos-Moot 15, Montana 11, Wesvalia 11, Klerksdorp drie.
Zwartkop het een wedstryd minder gespeel.

Bekerafdeling

In die Bekerafdeling gee Garsfontein die toon aan met 29 punte, gevolg deur Monument 26, Waterkloof 21, Noordheuwel 21, Helpmekaar 16, Hoërskool Middelburg 13, Menlopark 13, Rustenburg 10, Dr EG Jansen 10.

Middies se ouderdomspanne staan hulle man met die o.14 A-span in die vyfde plek, die o.15 A-span derde en die o. 16 A-span vierde van die nege spanne.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button