“Julle is almal wenners!”
’n Gunsteling sêding wat kleingoed na ’n wedstryd moet hoor “julle is almal wenners”.
Maar Saterdag was elkeen wat die Alzu 100 myler voltooi het “almal werklik wenners”.
Om 160 kilometer met ’n fiets af te lê oor rowwe terrein vat durf en deursettingsvermoë.
En dit is wat elke deelnemer aan die dag gelê het.

Die 50 myler was die voorgereg, die 100 myler die hoofgereg.
Daar is by die Alzu Petroport weggespring en daarna tot by Stoffberg en terug gery.
En dit is nie soos in padwedrenne waar elke draai en afdraai aangewys word nie, deelnemers moes self die roete navigeer.

Plaaslike fietsryers wat die Alzu 100 myler voltooi het is, in geen spesifieke volgorde nie:
Rina Sadie, Karin Stapelberg, Francois Stapelberg, PC Nell, Corné Ferreira, Gerhard Smith, Van Zyl Wait (Oud Middelburger), Sarel Esterhuizen, Tobie Oosthuizen (Oud Puma kaptein), Cobus Fourie, Louis Devenish, Gerhard Nel, Pieter Steenkamp, Christine Wentzel, Riaan van den Berg,

50 Myler
Johan Odendaal, Andrew Thomson, Pine Pienaar, Kobie Groenewald, Piet Swanepoel, Johan Stofberg, Tamo du Plooy, Liesl Meyer, Yvonne Swanepoel, Peter van der Spuy, Justin Ansara, Martin Wentzel, Pierre van Tonder.




