News

Rugby, rugby, alles rugby

Bulle en All Blacks is die hoofdis op Loftus.

Dit is ’n propvol rugbynaweek met die Leeus en Boland wat vanmiddag om 15:00 in die Curriebeker slaags is in Johannebsurg. Afskop is om 15:00.Daarna pak die omgesukkelde span van Griekwas die Haaie in Kimberley om 17:00.

Die Pumas is moremiddag 17:00 in die Mbombela Stadion teen die Stormers 23-tal in aksie en Sondag speel die sukkelende Blou Bulle teen die Vrystaat in Pretoria met die afskop 15:00 in nog ’n Curriebeker kragmeting.

Die hoofdis is Saterdagaand 19:00 met die All Blacks wat teen die Bulle speel op Loftus Versfeld.
Die Pumas het sy seisoen weer op die wenpad gekry, na oorwinnings oor die Boland en Blou Bulle in wegwedstryde.

Jimmy Stonehouse het min veranderinge aan die span gemaak wat die Bulle geklop het.
Jaycee Nel skuif na die bank met die vlugvoetige Tino Swanepoel wat op heelagter kans kry. Thabo Ndimande is in die plek van Ntsika Fisanti op flank gekies.

Die Stormers het ’n goeie agterlyn met die hoogaangeskrewe jongeling Markus Muller op senter saam met die ervare Cornel Smit. Skrumskakel Stefan Ungerer is ook ’n ou hand, soos sy kaptein Jean-Luc du Plessis.

Onder die voorspelers is bekende name soos die slot Gary Porter en haker Vernon Paulo.

Pumas: 

Tino Swanepoel, Alfondso Isaacs, Sango Xamlashe, Wian van Niekerk, Banie Britz, Nevaldo Fleurs, Thomas Bursey, Willie Engelbrecht (k), Ruwald van der Merwe, Thabo Ndimande, Tiaan de Klerk, JJ Scheepers, Sampie Swiegers, Chyle van Zyl, Etienne Janeke. Plaasvervangers: Jan-Henning Campher, Zukisa Sali, Junior Banda, Andre Goedhals, De Wet Marais, Ruswill Fredericks, Jaycee Nel, Darren Adonis.

Stormers XXIII: 

Dylan Miller, Joel Leotela, Markus Muller, Cornel Smit, Mfundo Ndhlovu, Jean-Luc du Plessis (k), Stefan Ungerer, Wandile Mtaba, Louw Nel, Keke Morabe, Gary Porter, Tom Barnard, Herman Lubbe, Vernon Paulo, Mhleli Khuzwayo. Plaasvervangers: Altus Rabe, Hencus van Wyk, Danie Kruge, Luan Botha, Xola Nyali, Ezekiel Ngobeni, Kyle Smith, JC Mars.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button