News

Diere geslag

Twee diertjies is geslag en opgehang in 'n boom in Kogelstraat (naby die karwassery en OK Grocer in Groenkol).

‘n Inwoner (wat verkies om anoniem te bly) sê hulle was geskok toe hulle verby die boom ry en die twee geslagte diere in die boom sien hang.

“Toe ons uitklim om foto’s te neem, het ‘n man op ons afgestorm en geskreeu: ‘what the f…k are you doing!’ Dis verskriklik, die brommers het op die karkasse gesit! Dit lyk vir my soos honde wat hy geslag het!”

Die foto’s is gestuur vir dr. Leon Connoway (veearts) wat nie heeltemal oortuig is dat dit honde is nie, omdat die foto’s nie baie naby en duidelik geneem is nie.

“As dit ‘n hond is, dan moes dit ‘n baie gespierde dier gewees het.” Hy vermoed eerder dit is ‘n wilde dier soos ‘n bokkie. Die diere se koppe en pote is in die gewrigte afgesny en die velle afgetrek.

“Ek wonder of die persoon wat dit gedoen het, nie dalk uit een van die Afrikalande soos Uganda kom nie. Vriende van ons was onlangs in Uganda en, volgens hulle, was daar byna geen lewende diere nie. Oral langs die strate het diere, soos hierdie, gehang om verkoop te word vir vleis!”

• Senior Inspekteur Petro Oberholzer sê hulle kan net ‘n klagte van wreedheid teenoor diere ondersoek as hulle weet hoe die dier doodgemaak is. “As die dier direk keelaf gesny of geskiet is, dan is dit nie wreedheid nie. Ons kan egter niks doen as ons nie daar was of as daar ooggetuies was van wat gebeur het nie.”

In die geval waar dit wilde diere is, soos hase, vermoed hulle dat onwettige jagbedrywighede betrokke was, dan kan die hulp van natuurbewaring ingeroep word om die kwessie te ondersoek, mits die mense weet wié dit is en waar die diere gejag is.

Lees opvolg hier:

Ystervark karkasse aan die boom

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button