Crime

‘Hot ashes, cold beer @ Ruby River’

Die kok by Ruby River Resort is gearresteer in verband met die brand verlede Maandag wat die helfte van die oord verwoes het.

Vakansiegangers moes in die vroeë oggendure help om te red wat te redde is toe ‘n vuur in die kombuis van die oord ontstaan het.

Buiten vir die kombuis is die restaurant en kroeg, ‘n konferensiekamer, en drie chalets vernietig.

Tydens ‘n ondersoek deur die Groblersdal brandweer is gevind dat die brand onder verdagte omstandighede ontstaan het.

Die Groblersdal polisie het ‘n saak van brandstigting ondersoek en Aubrey Matsepe is kort daarna, te danke aan inligting van die publiek, gearresteer.

A/O Stanley Magaela sê dat daar sake van brandstigting en diefstal ondersoek word.

Hy wou nie verder uitbrei nie, omdat die ondersoek nog aan die gang is.

Daar is egter van ‘n bron verneem dat daar in die verwoesting na die brand vasgestel is dat daar ‘n kluis oopgebreek is en ‘n groot bedrag geld vermis word.

Werknemers by die oord was geskok en hartseer na die nuus.

“Hy is ‘n vreeslike oulike ou en het heerlike kos gemaak. Almal is uit die veld geslaan oor die nuus.”

Matsepe is Maandag, 5 Mei, op R2 000 borg vrygelaat nadat hy in die Groblersdal hof verskyn het, op ‘n klag van brandstigting.

Nog ‘n man is ingeneem vir ondervraging maar weer laat gaan.

Die polisie is tans opsoek na Barnard Mashilo, wat hulle kan help met die ondersoek.

• Daar is ‘n tydelike kuierarea by die Ruby River Resort opgerig om gaste te huisves terwyl herstelwerk gedoen word.

Die Rescue Bar is oop vir besigheid en besoekers word uitgenooi om saam te kom kuier. Vanaf hierdie naweek sal daar weer etes by die kroeg bedien word.

‘n Bordjie by die oord lui: “Hot ashes, cold beer@Ruby River.”

jana@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button