Jong talent verseker blink toekoms vir Middies-krieket
Middelburg val vas teen Waterkloof in die Noordvaal-semi, maar hul jong talent beloof ’n blink kriekettoekoms. Jong talent verseker blink toekoms vir Middies-krieket
Hoërskool Middelburg se eerste krieketspan behou die meeste van sy spelers vir die 2027-seisoen. FOTO: Verskaf/Hoërskool Middelburg
Hoërskool Middelburg se kriekettoekoms lyk blink. Al het die Middies Saterdag in die Fain Noordvaal-semifinaal teen Waterkloof vasgeval, blyk daar soveel jong talent te wees dat die skool volgende jaar ongetwyfeld weer ’n krag op die krieketveld sal wees.
Die krieketprogram wat ’n paar jaar gelede deur die beheerliggaam van stapel gestuur is, met Shaun Neethling aan die stuur van sake, werp steeds vrugte af. Die goeie nuus is dat die kern van vanjaar se eerste span behou word, aangesien slegs vier gr. 12-leerlinge deel van die 2026-groep is.
Die Klofies het Saterdag hul staal gewys deur Middelburg se teiken van 217 met sewe boulbeurte en 50 oor te oortref. Waterkloof pak nou Garsfontein in die eindstryd.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.