Crime

Dief kom sy Boela teë

“Kom gou! Hier staan ’n skreeuende man op ’n tafel in jou erf.”

‘n Dief is erg deur ‘n boerboel gebyt nadat hy in ’n erf in gespring het “om goed in die erf te steel.”

‘n Bloeiende, skreeunde man op ‘n tuintafel het bure van die Steenkamps in Blackmorestraat se aandag getrek.

Met me. Tanja Steenkamp se aankoms by haar huis, het die man nog op die tafel gestaan en skreeu, met Boela, haar nege jaar oue Boerboel, wat probeer om hom weer beet te kry.

Me. Steenkamp en die Sektor drie radiogroeplede het hom gevra wát hy in die erf soek, waarop hy onomwonde erken het dat “ek gekom het om te steel, maar hier was niks.”

Hy het dit egter duidelik gestel dat hy nié by die huis wou inbreek nie, maar net in die erf gekyk het of daar iets is om te vat.

Die booswig het ‘n stuk gebuigde staal by hom gehad, waarmee hy Boela van hom probeer afweer het en ook die hond ‘n paar houe toegedien het.

Me. Steenkamp sê hulle het die polisie gebel, waarop hulle in kennis gestel is dat die polisie nie kan uitkom nie, aangesien hulle te besig is by verskeie ongelukke.

‘n Ambulans het kort daarna opgedaag en die beseerde man weggeneem.

“Arme Boela was lyfseer weens die houe en almal wat hier was, het hom biltong en bene belowe, maar niemand het vir hom gebring nie.

Ek het toe maar vir hom R100 se maalvleis gekoop en gaargemaak om hom te bederf.”

• Die afgelope week was daar ‘n plasing op Facebook wat deur hordes mense gedeel is nadat ‘n dief erge snywonde opgedoen het toe ‘n hond hom deur ‘n venster getrek het in Kwa-Zulu Natal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button