Die oud-Middie, Magda Nieuwoudt, is in Kenia waar sy Suid-Afrika by die Afrika-fietsrykampioenskap verteenwoordig.
Die kampioenskap word tot Sondag aangebied.
Confederation of African Cycling
Kisumu, Kenia bied die Afrika-padfietsrykampioenskap (Confederation of African Cycling) aan, waar fietsryers van 32 Afrikalande meeding om ’n kontinentale titel.
Deelnemers gaan aan ’n tydtoets en padwedren deelneem.
Nadat sy lank by Hoërskool Middelburg werksaam was, is Magda na Pretoria waar sy haar hoofsaaklik op driekamp toegespits het.
Sy het Suid-Afrika al in dié dissipline verteenwoordig.
Tydens verlede jaar se RideJoburg het sy vriend en vyand verras deur ’n derde plek los te jaag. Kim le Court het die elite-vrouewedren gewen in 2:37:26, Lucy Young was tweede in 2:38:44, en Magda derde in 2:39:08.
