Crime

Kardiewe oral bedrywig

Drie kardiewe is Woensdagoggend in Sandton gearresteer nadat 'n Jeep Grand Cherokee Dinsdagaand by Auto Italia (Cowen Ntulistraat) gesteel is.

Teen druktyd het hulle nog nie in die hof verskyn nie en mag hul name nie bekend gemaak word nie.

By navraag aan mnr. John da Silva (direkteur, Auto Italia) het hy gesê dat die persoon by die besigheid ingekom het omstreeks 19:00. Die voertuig het omstreeks 19:15 daar uitgery.

Die kardief het doodluiters ingestap en uitgery. Geen geweld is gebruik om toegang tot die gebou te kry nie.

Hierdie diefstal van voertuig is die soveelste sedert 19 November en het die polisie se mediakantoor bevestig dat voertuigdiefstalle skerp toegeneem het die afgelope twee weke. Van die slagoffers het gemeld dat hulle “hoop dat dit net ‘n sindikaat was wat gekom en gegaan het!”

Dit is duidelik dat die diewe nie op ‘n spesifieke uitbreiding konsentreer nie, aangesien daar in bykans al die uitbreidings voertuie of motorfietse gesteel is.

• Op 19 November word mnr. Walker Mphore se wit 1400 Nissan (registrasienommer SEM002SF) bakkie in die vroeë oggendure gesteel by sy huis in Bandolierstraat (Dennesig).

• Op 27 November is mnr. Polla Steenkamp se heldergroen veldfiets, in AG Visserstraat (Gholfsig) gesteel.

Me. Ansie Steenkamp sê hulle het later via hul sekuriteitskameras gesien wat die diewe omstreeks 03:00 op hul erf gedoen het.

Die een dief het vanaf die bure se kant oor die muur gespring, waarop hy op sy maag geseil het tot by die hek om die infrarooi strale te ontduik. Daar het hy die hekmotor oopgebreek, dit buite aksie gestel en die hek met die hand oopgeskuif sodat sy makker kan inkom.

Die een het weer geseil op sy maag tot by die motorfiets, maar die ander booswig het net gebukkend gedraf om die sekuriteits-ogies te mis.

Hulle het daarna doodluiters twee gewone fietse oor die muur gegooi, die motorfiets by die hek uitgestoot en weer die hek toegetrek.

Hul hond het daardie betrokke aand in die huis geslaap

“Ons hoop net dit is ‘n sindikaat wat gekom en gegaan het met al hierdie diefstalle!”

• 1 Desember: Mnr. Arthur Cope se Kawasaki JLR 650cc motorfiets (HFB868) is uit sy erf in Tabaksbergstraat (Aerorand) gesteel nadat die hek oopforseer is. Die ketting waarmee die motorfiets vasgesluit is, is afgesny.

• 2 Desember: Mnr. Andries Mahlangu se wit Mazda 323 word uit sy erf in Uitbreiding 24 gesteel nadat die hekke oopforseer is.

“Ek het net die vorige dag my karretjie gekoop in Pretoria vir R36 000. Ek het tot middernag gewerk en toe ek die oggend wakker word, was my kar weg. Ek kan nie eers konsentreer by die werk nie, want al waaraan ek kan dink, is dat my kar gesteel is!”

• 3 Desember: Me. Mettie Seedat se silwer BMW 318 (CJT867MP) word gesteel waar sy hom buite die hofgeboue, aan Melrose Place se kant, in OR Tambostraat geparkeer het.

• Persone wie se voertuie (trokke, sleepwaens, motorfietse en ander voertuie) gesteel word, kan Daleen Naude by die Observer bel by 013 243 1434 of mail na daleen@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button