Opvolg: Dokter maak sake teen hospitaal
Die dokter wat beweer het dat sy aangerand is by die Middelburg Hospitaal kon uiteindelik ’n kriminele saak open.
Dr. Adele Visser (patoloog) en haar broer, Tobie van Loggerenberg, probeer sedert 23 Junie om sake by die polisie te open.
Polisielede wou nie die sake open toe hulle by die polisiestasie kom nie, aangesien daar toe reeds sake van aanranding teen dr. Visser aanhangig gemaak is.
Daar was wel ’n polisielid wat die aand van die voorval bereid was om ’n verklaring te neem en het gesê dat hulle die volgende dag kan terugkom. Met hul terugkeer, was dié lid egter nie daar nie en het die ander lede botweg geweier om sake te open.
Dr. Visser het Woensdag gesê dat sy en haar broer verlede week uiteindelik die betrokke lid weer opgespoor het, wat hul verklarings geneem en sake van onder andere aanranding en diefstal geopen het. Sy het gemeld dat hulle ook klagtes gelê het teen die polisielede wat geweier het om die sake te open.
Die drama het begin toe dr. Visser op die betrokke dag as guns vir iemand ’n pasiënt gaan besoek het om te kyk watter behandeling toegepas word, sodat sy vir die pasiënt se familie kon sê wat aangaan.
Sy het in die lêer probeer kyk, maar sê die suster het die lêer uit haar hande gepluk. Toe sy haar konfronteer oor haar houding, het sy onder meer vir dr. Visser met die lêer geslaan.
Lees ander Hospital stories hier:
Opvolg: Familielede in trane by proteaksie
Opvolg: Special Assignment kom ondersoek
Opvolg: Verslag wys skokkende wonde
Opvolg: Bets – die statige ouma skou
Vrou lankal dood – Verpleegster sê: ‘vital signs are good’
Lees hier oor ander klagtes teen die hospitaal.
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079 426 1396
Also check out our Video’s on Youtube daily!
