Nuusflits: Inbraak by OK Liquor
Duisende rande se drank is vanoggend tydens ’n inbraak by OK Grocer se OK Liquors in Meyerstraat gesteel.
Die groep het omstreeks 04:50 eers voor die kitsbank gestop, maar weer gery.
Teen 05:00 was hulle terug, waarna hulle met ’n koevoet die deur oopforseer het. Die booswigte het hulself gehelp aan die duurste drank, wat se pryse wissel tussen R500 en R3 000.
Van die drank wat gesteel is, is onder andere: Johnny Walker Platinum R1 100 per bottel, Johnny Walker Blue – Label R2 700, Jameson en Hennesey.

Op videomateriaal kon hulle sien dat die groep gery het met ’n metaalblou Volkswagen GTI Golf sonder nommerplate. Die voertuig het ’n stamp op die regter agterdeur.
Mnr. Christo Vlok (OK Grocer) vra dat enige persoon wat inligting het oor die inbraak of die voertuig gewaar, om hom dadelik te bel by 013 243 3638.
- Die booswigte kan nie uitgeken word nie, omdat hulle lap oor hul gesigte getrek het.
Lees ander stories hier:
Man gryp driejarige dogtertjie
Warning Graphic: Five babies dumped in less then two months
Update: Police finally make arrest after latest discovery
(Warning Graphic Content): Baby dumped by mother survived unscathed
Video: Voor die wind met Koningskind
Update: Baby X in place of safety
Video: The baby’s hero in blue
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
