Opvolg: OK Liquor inbrekers steeds op vrye voet
Die booswigte wat op 2 September met ’n blou VW GTI voor OK Liquor in Meyerstraat gestop, ingebreek en duisende rande se drank gesteel het, is steeds op vrye voet.
Videomateriaal wys hoe hulle omstreeks 05:00 die deur oopforseer, waarna hulle direk na die kabinet stap waarin die duurste drank gehou word. Die kabinet is oopgebreek en verskeie bottels drank is gebuit.
Sowat ’n week later is die voertuig opgemerk deur GPF-lede by Sasol Meyerstraat, maar die booswigte het gevlug voordat hulle vasgetrek kon word.
• Die voertuig het ’n stamp op die regter agterdeur.
• As enigiemand die voertuig opmerk, bel mnr. Christo Vlok (eienaar, OK Liquor) by 013 243 3638.
Lees vorige stories hier:
Video: Break – in at OK Liquor
Nuusflits: Inbraak by OK Liquor
Read other stories here:
Man gryp driejarige dogtertjie
Warning Graphic: Five babies dumped in less then two months
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
