Crime

Terwyl dorp brand stry groepe onder mekaar

Terwyl misdaad op die dorp buite beheer is en meer as tagtig honde al vergiftig is, stamp die Gemeenskapspolisieforum en Afriforum gemeenskapsveiligheid koppe.

Die twis gaan oor wie die reg het om die dorp veilig te hou en wie nie.

Me. Rehana Pilodia, gewese ANC raadslid, sê die GPF is die enigste erkenbare organisasie en basta daarmee.

Mnr. Ian Cameron, Afriforum se gemeenskapsveiligheidshoof, is bitter oor die standpunt en vra wie is me. Pilodia om vir die gemeenskap voor te skryf?

Na ’n lang vergadering kon die twee groepe nie tot ’n vergelyk kom nie.

Intussen is die gemeenskap in die war wie is nou die GPF, wie is radiogroepe, wie is Zello en waar pas Afriforum in die deurmekaar misdaadsoppot in.

En dit alles terwyl Rome brand en nog twee honde die week vergiftig is en mense in ’n huis aangehou is.

Inwoners vra ook tereg terwyl die verskillende groepe so lekker stry, waarom doen hulle nie eerder iets aan die daagliks aanvalle, rooftogte en diefstalle in die sakekern nie. Die gebied het ’n misdaadnes geword waar kliënte nie meer veilig is nie.

Dit het ook op ’n misdaadtoneel duidelik geword dat lede van die organisasies dissipline kort toe joernaliste van www.mobserver.co.za verhinder is om hulle joernalistieke pligte uit te voer.

Daar is met sterk flitsligte in joernaliste se oë geskyn en sommige lede, wat na drank gestink het, het hulle gekoggel.

Video: Police negotiate hours with suspect

Update: Suspect charged with petrol and card fraud

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

Back to top button