Crime

Update: ‘Hulle maak ons kinders dood’

’n Leeumannetjie en wyfie is dood, nadat hulle saam met drie ander leeus Maandag op mnr. en me. Arthur en Sonja Creighton se plaas buite Groblersdal, vergiftig is.

Later, op dieselfde dag, is nóg twee leeus afgemaai by Mbidi Lodge, op die N11 buite Groblersdal.

Omstreeks 01:00 Maandagoggend het twee stropers vanaf die Creightons se plaas gevlug nadat twee WIPS (Wildlife Investigations and Protection Services) wagte hulle in een van die leeukampe betrap het.

Vleis met gif is oor die heinings van die leeukampe gegooi. Die veediefstaleenheid van Marble Hall vermoed dat Temik gebruik is om die leeus te vergiftig.

Die booswigte het die dubbelheinings van die hokke geknip om toegang te kry, waarna die twee wagte hul betrap het terwyl hulle besig was om die leeuwyfie aan die poot te sleep met ‘n elektriese koord wat hul vanaf die leeukamp se omheining geknip het.

Die wagte het alarm gemaak, maar die stropers het daarin geslaag om vanaf die toneel te vlug.

Volgens a/o Christo Schoeman, van die veediefstaleenheid in Marble Hall, sal daar toetse gedoen word om te bevestig watter tipe gif gebruik is, maar hul vermoed hul dat dit Temik kan wees.

Twee van die vyf leeus wat op die Creightons se plaas vergiftig is, is dood.

Die veearts is dadelik na die toneel ontbied en kon daarin slaag om drie van die leeus deur te trek.

“Dit gaan baie beter met die drie leeus. Ons is ewig dankbaar dat die veearts hul kon red. Ons leeus is vir ons soos ons kinders, want ons het hulle met die hand grootgemaak en dan maak hulle ons kinders op só ’n gruwelike manier dood,” sê mnr. Creighton.

Die Creigtons sê dat hulle reeds ekstra beligting aangebring het en nóg wagte aangestel het om die leeukampe te patrolleer.

* Dieselfde oggend is twee wit Mbidi leeus, ’n mannetjie en ‘n wyfie bekend as Tau en Tora, omstreek 03:00 doodgemaak.

“Ons vermoed dat drie verdagtes die elektriese omheining van die leeukamp waarin Tau en Tora was, onaktief gestel het en hul vergiftig het. Ons wag nog vir die uitslae van die toetse om te bevestig watter tipe gif gebruik is,” sê a/o Schoeman.

Beide die wit leeus se koppe en pote is afgekap, wat vermoedelik vir moetie gebruik word.

“Tau en Tora is as welpies op Mbidi Lodge grootgemaak, dit is vir ons uiters hartseer om te sien wat aan ons leeus gedoen is,” sê die algemene bestuurder by Mbidi Lodge.

Hul verseker egter dat hulle nou die nodige stappe geneem het om hul leeus te beveilig.

Die Vallei se leeuboere sidder om te dink dat hierdie twee gevalle die totaal bring na tien leeus wat in die Groblersdal omgewing vergiftig is in ’n paar maande.

“Naby die Creightons se plaas het nog ’n leeuboer deurgeloop toe ’n mannetjiesleeu in Mei vergiftig is en van sy liggaamsdele beroof is. Hulle het twee weke gelede weer probeer om leeus te vergiftig,” sê kaptein Hennie Engelbrecht, bevelvoerder van die veediefstaleenheid in Marble Hall.

* Daar is’n maand gelede twee leeuwyfies afgemaai buite Groblersdal op die Stoffbergpad.

Die polisie waarsku dat dit die werk van ’n sindikaat is nadat ’n totaal van 16 leeus vanaf Desember tot op hede vergiftig is. Elf van hierdie leeus se koppe is afgekap.

(Grafiese Inhoud) – Boere moedeloos besteel

Vroue leer om hulself te verdedig

Mosambieker met gif in dammetjie gevang

Wanted: Hit and run fortuner

Bill Clinton in court

Thousands of fish killed at Eikeboom Pan

Ten arrested for illegal fishing

Warning Graphic: Five babies dumped in less then two months

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button