Crime

Vrou deur man met mes ontvoer

’n Vrou van Middelburg is deur ’n man met ’n mes teen haar been gedwing om met hom in haar kar Hendrina toe te ry.

Tanya Sill sê dat sy die heeltyd aan Igna Nortjie, wat in 2012 ook uit Middelburg ontvoer, en later vermoor in Verena opgespoor is, gedink.

Mev. Sill sê dat die man blitsvinnig in haar motor ingespring het toe sy by ’n T-aansluiting in die Middelburgse industriele gebied gestop het. Dit het helder oordag gebeur.

Te danke aan iPhone se “Find My Phone” funksie kon haar man, Ian, mev. Sill se ligging opspoor toe hy begin onraad vermoed het.

Mev. Sill is tussen Hendrina en Bethal deur die man beveel om van die pad af te trek. Hy het haar toe van haar besittings beroof en haar motor se wiel stukkend gesteek voor hy by die veld in gevlug het.

Sy het op die wielvelling terug gery Hendrina toe. Haar man en die polisie het haar van voor af tegemoet gery.

• Die Middelburg polisie ondersoek tans ’n saak van gewapende roof. Geen verdagte is nog in hegtenis geneem nie.

• Die man word in sy laat twintigs geskat en het ’n buitengewone groot neus en ’n gaping tussen sy voortande.

Back to top button