Muur afgebreek vir motorfiets
Motofietsdiewe het ’n muur afgebreek om ’n motorfiets uit ’n erf te steel.
Versterkings aan die hek by ’n huis in Milnerstraat (Dennesig) het dit vir die diewe onmoontlik gemaak om die palissadehek van die spoor af te haal.
Hulle het hierna ’n baksteenmuur omgetrek om by die motorfiets, wat onder ’n afdak gestaan het, uit te kom.
’n Oranje KTM 200 EXC veldmotorfiets ter waarde van R27 000 is gesteel.
• As enigiemand die motorfiets gewaar, bel me. Van der Merwe by 076 070 3553.
• Drie weke gelede is mnr. Chris Lombard, se veldmotorfiets in Harry Gwalastraat gesteel. Hy bied ’n R20 000 beloning aan vir inligting wat sal lei tot die terugvind van sy motorfiets.
Die booswigte het die stoep se veiligheidshekke heeltemal uit die muur uit geruk en sy splinternuwe motorfiets, ’n Husgvarna 350 FE veldmotorfiets gesteel.
Enige persoon wat mnr. Lombard se motorfiets iewers opmerk of inligting kan verskaf waar die motorfiets is, kan hom bel by 072 383 9030.
Lees ander nuus hier:
Vrou, seuns verloor alles in brand
From herding cattle to white house
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!


