Sestien jaar vir moordenaars
Die twee mans wat skuldig bevind is vir die moord van Belfast inwoner Walkie Walkinshaw in April 2013, is tot 16 jaar tronkstraf gevonnis nadat regter Makune gevind het dat daar wesenlike en versagtende omstandighede is wat hom toelaat om van die minimum voorgeskrewe vonnis, wat lewenslange tronkstraf is, af te wyk.
Marcus Mmadi en Saul Mavimbela het mnr. Walkinshaw doodgeskiet, kort nadat hy sy besigheid gesluit het en op pad na sy kar toe was. Regter Makune het gesê die feit dat Mmadi, wat die vuurwapen gehad het, hom eers mis geskiet het en toe met die tweede skoot getref het, daarop dui dat hy nie vertroud met ’n vuurwapen is nie.
Regter Makune het ook bevind dat Mmadi se oproep aan sy susterskind, waarin hy gesê het dat hulle “’n witman” doodgeskiet het, daarop dui dat hy nie ’n geharde krimineel was nie, omdat so iemand bloot sou stilbly oor sy misdryf.
Daar is ook bevind dat Mavimbela onder die invloed van Mmadi opgetree het toe die misdade gepleeg is. Ten spyte daarvan is Mavimbela nie ’n ligter vonnis as Mmadi opgelê nie. Die afwesigheid van enige teken van berou is nie as faktor in ag geneem nie.
Adjudant offisier Leon van den Berg, wat die ondersoekbeampte in die saak was, is deur regter Makune geloof vir sy speurwerk. Regter Makune sê dat as dit nie vir a.o. Van den Berg was nie, die skuldiges heel moontlik nooit aan die pen sou ry nie.
Moord met gemene doel het ’n minimum voorgeskrewe vonnis van lewenslange tronkstraf (25 jaar) waartydens daar gewoonlik nie vir parool aansoek gedoen mag word nie. Met die afwyking van die minimum vonnis, beteken dit dat beide moordenaars agt jaar van hul tronkstraf sal moet uitdien waarna hulle in ag geneem kan word vir parool, mits hulle hulself goed gedra en al die voorgeskrewe korrektiewe programme voltooi het.
Lees ander nuus hier:
Vrou, seuns verloor alles in brand
From herding cattle to white house
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!

