Crime

Inbrekers op video

VIDEO: Inbrekers wat Sondag omstreeks 02:30 toegeslaan het by die ontvangsarea van OK Grocer in Jeppestraat, is duidelik op CCTV videomateriaal vasgevang.

Die twee mans kom ingery met ’n wit Nissan bakkie, waarna hulle vir meer as twee ure op die perseel rondloop en kyk wat hulle kan aas.

Hulle skuif die een kamera met ’n stok op, maar het nie die ander kameras opgemerk nie.

Dit is duidelik dat hulle die vurkhyser wou steel, maar dit is toegesluit en hulle kan nie naby dit kom nie.

Net na 04:00 besluit die twee dat hulle eerder die palethysers wil hê, waarop hulle dit uitsleep en op die bakkie laai.

• www.mobserver.co.za het betroubaar verneem dat die man wat gesien kan word op die videomateriaal, herken is deur iemand wat saam met hom by ’n besigheid was.

Die registrasienommer sal na alle waarskynlikheid more (Dinsdag) beskikbaar wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button