Meisie beweer man ‘wou met haar speel’
’n Man, wat daarvan beskuldig word dat hy onbetaamlike voorstelle aan ’n minderjarige kind gemaak het, het sy rieme styfgeloop toe die meisie se ma hom gaan soek, en opgespoor het.
Susan Maree het opslae gemaak op die Middelburg Observer se Facebookgroep toe sy ’n foto van ’n man in ’n wit Range Rover geplaas het.
Mev. Maree sê dat sy verlede week ’n oproep van haar dogter gekry het wat baie ontsteld was. Sy het besluit om huistoe te ry om uit te vind wat verkeerd was.
Haar dogter het vertel dat, terwyl sy huistoe geloop het nadat sy eksamen geskryf het, ’n man verby haar gery, ’n u-draai gemaak en by haar kom stop het om te vra waar Midwater Spar is.
Die meisie het die pad verduidelik. Hy het haar gevra hoe oud sy is en sy het geantwoord dat sy in Graad 8 is. Toe wou die man glo weet of sy nie “lekker saam met hom wou speel nie”. Sy het gevlug huistoe en haar ma gebel. Die man het in die rigting van Dennesig gery.
Mev. Maree het met haar kind in die kar, in die strate rond gery sodat sy vir haar kon verduidelik watter tipe voertuig die man gery het. Die meisie kon net onthou dat dit ’n “Landrover” was.
“Ek het by elke Landrover gestop. Sy het nie die presiese model geken nie, en kon net sien dat die voertuig groen nommerplate op het, wat vir my baie eienaardig was,” vertel mev. Maree.
Toe hulle verby Laerskool Kanonkop ry, het hulle die wit Range Rover uit die skoolgrond sien ry. Haar dogter het die man dadelik herken.
Mev. Maree het ’n foto van hom geneem en gestop om hom te konfronteer. Hy was van Polokwane af in Middelburg om glo ’n voertuig aan ’n kliënt te wys. Die Range Rover het ’n groen nommerplaat met die motorhandelaar se naam op, gehad.
Sy sê dat die man vir haar gesê het ‘Ek is dan getroud!’ toe sy vir hom vra wat hy met minderjarige meisies soek.
“Ek het vir hom gesê hy moet teruggaan waar hy vandaan kom, ons soek nie sy soort hier by ons nie.”
Sy is ook bekommerd oor wat hy by die laerskool gemaak het as hy op soek was na Spar.
Mev. Maree het daarna die motorhandelaar gekontak om die voorval aan te meld en vir hulle die foto van die man aangestuur.
Die man is op Facebook geïdentifiseer as Allewyn Benadie. Hy is gekontak om kommentaar te lewer oor die aangeleentheid maar het dit van die hand gewys.
Lees ander stories hier:
Dit sous maar damvlak sak steeds
SAPS handle slithering pythons to uncover drugs
Lapa in ligte laaie by leë huis wat Maandag ontruim is
(Opvolg) Video: Nuwe wending in OK Grocer diefstal
Video: Car guards at Middelburg Mall survive only on tips
Video: District municipality plagued by tyre thefts
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
