CrimeBreaking News

Mense op plaas aangeval – ambulans ontbied

Die nuutste aanval in ’n vlaag plaasaanvalle het vanoggend tussen Middelburg en Stoffberg plaasgevind.

Mense naby Wapadskloof is op ’n plaas aangeval. ’n Ambulans is na die toneel ontbied maar dit was onseker hoeveel slagoffers daar was en wat die omvang van hul beserings is. Daar is niemand dood nie.

Volgens inligting is daar ’n haelgeweer en vier selfone geroof. Twee voertuie, ’n donker Audi en ’n wit Renault, was by die voorval betrokke.

Met tye van die skrywe van hiedie berig was boere in die Laeveld warm op die spoor van een van die verdagte voertuie.

Lees nuutste opvolg hier:

Opvolg: 13 verdagtes aangekeer na plaasaanval

Opvolg: Verdagtes vir Stoffberg aanval gearresteer

Daar was in die laaste twee weke, vyf aanvalle op plase in die Groblersdal en Middelburg omgewing, nie ver van Stoffberg af nie.

Maandag 31 Oktober

• Buks van Staden en sy gesin is tussen Groblersdal en Marble Hall aangeval. Vier rowers was betrokke en daar is twee voertuie en ’n selfoon gesteel. Die voertuie is later teruggevind. Niemand is beseer nie.  Woensdag 2 November

• Micky en Hettie van der Hoven het ’n mislukte plaasaanval oorleef. Van hul plaaswerkers is vasgebind en beveel om na mnr. Van der Hoven te roep. ’n Ander boer wat verby die toneel gery het, het die gewapende aanvallers laat vlug.

Saterdag 5 November

• Drie mans het gepoog om Gawie Kruger tussen Groblersdal en Loskopdam te oorval. Hulle het gevlug toe mnr. Kruger op hulle begin skiet het.

Dinsdag 8 November

• Piet Rossouw is by sy huis oorval. Mnr. Rossouw is aangerand, vasgebind en van sy voertuig beroof.

Woensdag 9 November

• Diederik en Dolla Beyers is in Toitskraal deur ses mans oorval. Mnr. Beyers kon homself met sy vuurwapen verdedig en een rower is noodlottig op die toneel gewond. ’n Ander swaargewonde aanvaller is later gearresteer.

Vrydag 11 November

• Plaasaanval in Wapadskool, Stoffberg. Beperkte inligting lei dat mense beseer is en dat daar ’n haelgeweer en selfone gesteel is.

Lees ander nuus hier:

Horrific accident claims life on R555

Video: Baldadig in die reën

Motorist confronts bike thieves

Donald Trump VSA – president

Foto’s: Inloop uit lug gesien!

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

Back to top button