CrimeUpdate

Opvolg: 13 verdagtes aangekeer na plaasaanval

Daar is op hede 13 verdagtes aangekeer na ’n plaasaanval in die Stoffberg omgewing vanoggend. Die plaasaanval by die Coetser gesin het om en by 06:00 gebeur.

Volgens inligting is Eep (46), Surina (44), Marinda (22) en Christo (20) Coetser in hul huis oorval deur ’n groep gewapende rowers. Lede van die gesin het messnywonde opgedoen en hulle is vasgebind. Die rowers het ondermeer ’n haelgeweer en selfone asook twee voeruie gebuit.

Die gesin kon eers meer as ’n uur later hulp ontbied.

Samewerking tussen die polisie, verskeie veiligheidsfirmas asook boere, het gehelp dat die eerste voertuig, ’n donkergrys Audi wat aan die Coetser gesin behoort, by Hazyview voorgekeer is. Na ’n skietgeveg is een verdagte gewond en altesame vier gearresteer. Twee vuurwapens is by die verdagtes gevind.

Lees vorige berig hier:

Opvolg: Verdagtes vir Stoffberg aanval gearresteer

Mense op plaas aangeval – ambulans ontbied!

Kort daarna is daar nog ’n voertuig naby Sabie voorgekeer. Daar is in totaal 12 verdagtes in die Laeveld gearresteer.
Nog ’n verdagte en derde motor is naby Stoffberg aangekeer.

’n Boodskap van een van die persone betrokke by die aanval lei dat alle verdagtes aangekeer is en dat al die vuurwapens asook ander gesteelde goedere teruggevind is.

’n Groep van die verdagtes was vroeër die week op die Coetsers se plaas met die verskoning dat hulle perskes wou koop.

Hendry Geldenhuys van TLU, wat gehelp het om die soektog na verdagtes te koördineer, het almal wat betrokke was by die suksesvolle operasie bedank vir hul samewerking.

Lees ander nuus hier:

Dam nog op!

Mense op plaas aangeval – ambulans ontbied!

Horrific accident claims life on R555

Video: Baldadig in die reën

Motorist confronts bike thieves

Donald Trump VSA – president

Foto’s: Inloop uit lug gesien!

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button