CrimeUpdate

Opvolg: Verdagtes vir Stoffberg aanval gearresteer

Ure na ’n plaasaanval in die Stoffberg omgewing is vier verdagtes na ’n skietgeveg in Hazyview gearresteer.

Eep (46) en Surina (44) Coetser, asook hul twee kinders Christo (20) en Marinda (22), is vanoggend 06:00 in hul huis oorval. Daar was tussen vyf en sewe aanvallers betrokke. Die gesin het messteekwonde opgedoen en is vasgebind.

Hulle kon eers meer as ’n uur na die voorval daarin slaag om hulp te ontbied. Rowers het met ’n wit Renault en donkergrys Audi gevlug.

Netstar is geprys vir hul samewerking. Hulle kon die Audi opspoor, alhoewel mnr. Coetser nie op die oomblik ’n aktiewe kontrak by hulle het nie. Talle boere asook ’n polisie helikopter was betrokke by die soektog na die verdagtes.

Volgens inligting is een van die verdagtes in die been gewond nadat hulle voorgekeer is by die Hazyview-Sabie T-aansluiting en daar ’n oor en weer geskietery losgebreek het. Twee vuurwapens is tydens die arrestasie by die verdagtes gekry.

Buiten vir die vier mans wat in die Laeveld gearresteer is, is daar ’n moontlike vyfde verdagte, wat die beskrywing pas van een van die aanvallers, in die Stoffberg omgewing gevang.

Henry Geldenhuys van die TLU sê dat spanwerk tussen boere van Stoffberg deur Lydenburg en tot in die Laeveld, asook die bystand van Netstar bygedra, het tot die arrestasie.

Hy het boere gemaan om vertroud met hul vuurwapens te wees en om dit aan hulle te dra, nadat daar in die afgelope tyd ’n skerp styging in aanvalle op plase was.

Lees vorige berig hier:

Mense op plaas aangeval – ambulans ontbied!

In drie onlangse voorvalle waar boere gewapen was, kon hulle hulself verdedig.

•Gawie Kruger, kon drie mans wat hom wou aanval laat vlug toe hy op hulle geskiet het.

•Diederik Beyers het een rower doodgeskiet en nog een gewond, nadat hulle hom en sy gesin naby Roedtan aangeval het.

Lees opvolg hier:

Opvolg: 13 verdagtes aangekeer na plaasaanval

•Karel Hoffman kon homself verdedig toe twee aanvallers op hom begin skiet het waar hy in die veld geloop het op sy plaas naby Wepener.

Lees ander nuus hier:

Dam nog op!

Mense op plaas aangeval – ambulans ontbied!

Horrific accident claims life on R555

Video: Baldadig in die reën

Motorist confronts bike thieves

Donald Trump VSA – president

Foto’s: Inloop uit lug gesien!

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

Back to top button