Rugby-blits vang boef wat leerling roof met mes
Lede van die publiek het verlede Woensdag gesorg dat twee rowers se turf sit, nadat hulle ’n leerling van HTS helderoordag beroof het.
Die meisie, wat onbekend is, was op haar fiets op pad huistoe, toe twee mans haar in Lilian Ngoyistraat naby Steelcrest, van haar fiets afgestamp, en dadelik met ’n mes teen die keel gedwing het om haar selfoon te oorhandig.
Die kookwater rugby-blits Frederik Greyling, en sy meisie, Sue-Mirri Liebenberg, het toevallig verby die toneel gery, en dadelik die mans, wat oor die keerwal in die rigting van die gevangenis se tuin gevlug het, agterna gesit.
Aan die anderkant het die mans uitmekaar gespat, maar Frederik kon daarin slaag om een in Ngwakostraat vas te trek, en die polisie te ontbied.
’n Groep ander mans, wat Frederik vermoed aan die Kanonkop radiogroep behoort, kon ook daarin slaag om die boef se makker aan te keer.
Frederik sê dat hulle 45-minute lank vir die polisie gewag het.
Tydens die gewag, het twee polisie-bakkies ook verby hulle gery waar hulle met die vasgebinde rower op die sypaadjie gestaan het, “maar hulle het bloot verbygery”.
www.mobserver.co.za se poging om die meisie se identiteit met behulp van die skool te bevestig, was teen druktyd onsuksesvol.
Die polisie sê daar is geen klag gelê nie, en derhalwe kon geen verdagte geïdentifiseer word nie.
Lees ander nuus hier:
Breaking News – Plane crashes at Botshabelo
Protest over land erupt in Mhluzi
Nuusflits: Mduduzi ontsnap en weer gevang
Video: Gemeenskap groet Pottie
Copper thieves busted in Kriel
(Video) Update: Christmas in jail for coffin case suspects
(Breaking News) Coffin case: Only ANC Youth League granted permission to protest
Update: Three major political parties to protest during coffin case
Update: Juju on his way to Middelburg
Opvolg: Doodskis was vir afgestorwe werker
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
