
Eers is ’n bordeel aan die brand gesteek, deur ’n ontevrede kliënt, toe word die prostitute beroof en of dit nie kon erger nie, slaan die Polisie toe en arresteer 25 prostitute en hulle koppelaar.
Die prostitute drama volg nadat ’n man vroeër die jaar by www.mobserver.co.za se kantoor opgedaag het om te kla dat die prostitute R650 by hom gesteel het. Hy het die huis besoek “om van sy stres ontslae te raak”.
Die jongste kliënt wat beroof is se familie is glad nie gelukkig met sy besoek aan die berugte groen huis in Meyerstraat nie. Die prostitute het R5 400 uit sy beursie gesteel, wat vir sy familie se maandelikse uitgawes bestem was.
Hy sê die vroue werk saam en gee vir mekaar ’n teken wanneer hulle sien ’n kliënt het baie geld in sy beursie. Terwyl hy ook besig was “om stres te ontlaai”, het die ander vroue sy beursie in die hande gekry en die geld gevat.
Die man was so woedend toe hy sy geld terugsoek en die vroue sê hulle ken gevaarlike mense in Nelspruit wat hom sal uitsorteer, dat hy later teruggekeer het met petrol, die huis daarmee besprinkel en dit aan die brand gesteek het.
’n Ander man is nie met sy broek op sy knieë gevang nie.
Die dag nadat die huis aan die brand gesteek is, het hy die prostitute beroof.
Drie prostitute is gesien waar hulle agter die dief aan hardloop die straat af. Hulle werk is klaarblyklik nie goed vir spoed nie en hulle moes die aftog blaas, terwyl die kliënt al verder die straat af verdwyn het.
Woensdagaand was die Valke by nog ’n prostitute huis oorkant die berugte groen huis, waar 26 mense aangekeer is.
Beslag is ook gelê op ’n vuurwapen wat aan die koppelaar behoort.
Inwoners kla al jare oor die bordele waar twintig of meer vroue op ’n slag bly en elke dag wydsbeen in die straat op stoele sit om kliënte te lok.
Ironies is ’n pastorie net skuins oorkant die bordeel en ’n kerk skaars 500 m van daar af.
Inwoners het al vir die vroue gaan bid, by die stadsraad gekla, by die plaaslike koerant en by die Polisie.
Met polisievoertuie wat gereeld by die huis opgemerk is, is daar nie meer gewonder waarom daar nie opgetree word nie.
Maar toe kom die Valke!
En nou sit daar 25 prostitute in die tjoekie en ’n saligheid het weer oor Meyerstraat toegesak.
Amen!
Lees ander nuus hier:
Pakistani shops close due to protest
Breaking News – Plane crashes at Botshabelo
Protest over land erupt in Mhluzi
Nuusflits: Mduduzi ontsnap en weer gevang
Video: Gemeenskap groet Pottie
Copper thieves busted in Kriel
(Video) Update: Christmas in jail for coffin case suspects
(Breaking News) Coffin case: Only ANC Youth League granted permission to protest
Update: Three major political parties to protest during coffin case
Update: Juju on his way to Middelburg
Opvolg: Doodskis was vir afgestorwe werker
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
