Crime

Steve Hofmeyr maak doodskissaak af as ‘kattekwaad’

Dit gons steeds oor die nou berugte doodkissaak nadat ’n bekende kunstenaar dit, volgens ’n Sondagkoerant, as ‘kattekwaad’ afgemaak het.

Die sanger, Steve Hofmeyr, het die naweek opslae gemaak, nadat hy volgens ’n nasionale Sondagblad gesê het “die twee ouens het net so bietjie dom kattekwaad aangevang”.

Intussen is ’n fonds gestig vir die mans, Willem Oosthuyzen en Theo Jackson, se regskostes.

’n Facebookinskrywing het gevra dat geld inbetaal word by hulle prokureur, Christo Geldenhuys, se trustrekening. Daar is ook gevra vir nie-bederfbare kos.

Nadat daar berig is dat nog ’n man na vore gekom het met bewerings dat hy op dieselfde plaas aangerand is, het www.mobserver.co.za vasgestel dat daar geen nuwe klagtes by die Blinkpan Polisiestasie geregistreer is teen Jackson en Oosthuyzen nie.

Dit het ook nou aan die lig gekom dat dit nie die eerste keer is dat ’n doodskis gebruik is om misdadigers af te skrik nie.

In 2014 is berig hoedat Rita Gathino ’n doodskis by haar skrootmetaal besigheid in Cullinan neergesit het om misdadigers af te skrik.

Jackson en Oosthuyzen moet weer op 25 Januarie in die Middelburg Landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer en ontvoering, nadat Victor Mlotshwa in ’n doodskis gedruk is. Die mans het daarna gedreig om hom aan die brand te steek of slange by hom in die kis te gooi.

Lees vorige berigte oor die doodskissaak hier:

Coffin video leads to criminal charges

Three major political parties to protest during coffin case

JM De Beer Farming about coffin case

Coffin accused claim theft was motive

For daily news updates: 

Send a message to our SMS line 33658, like us on Facebook and follow us on Twitter.

For videos check out our YouTube channel.

Back to top button