Crime

Plaasaanval gefnuik

Vinnige optrede en fyn ore het bygedra tot die voorkoming van ’n plaasaanval op die plaas Rietfontein net buite Middelburg.

Steven Pieterse (60) en sy vrou (identiteit onbekend), het net na 23:00 gisteraand (Donderdag) ’n harde slag gehoor. Buite het die honde beserk gegaan.

Die egpaar het hulself in hul slaapkamer toegesluit en hul seun George gebel vir hulp. Terwyl George na die toneel gejaag het, het hy ander mense om hulp gevra.

Met sy aankoms op die toneel, het mnr. Pieterse vertel dat hy twee mans, geklee in oranje oorpakke, sien weg hardloop het. Dit blyk dat die mans toegang tot die plaashuis wou kry deur by ’n woonstel wat aan die huis is, in te breek.

Hulle het in die rigting van die N4 snelweg en die Uitkyk informele nedersetting gehardloop toe daar blitsvinnig reaksie op die toneel was.

Boere en Middelburg 911 lede is uit om te help soek na verdagtes en die polisie is ontbied. Die boewe het egter daarin geslaag om hulle te ontglip.

Alhoewel daar skote afgevuur is, is niemand beseer nie.

Back to top button