VIDEO (WAARSKUWING – Nie vir sensitiewe luisteraars) Skokkende klankbaan van geveg
’n Skokkende klankbaan gee ’n kykie van gebeure in Frewinstraat (Middelburg) Vrydagaand waar mnr. Daandré Jansen van Vuuren ernstig aangerand is.
Een van die betrokkenes het onwetend ’n selfoon se videokamera aangesit. Alhoewel dit stikdonker is, omdat die straatligte af is, kan ’n mens duidelik hoor dat daar ’n onderonsie tussen die groep mense is.
Daar is onder andere ’n jong vrou watsnikkend uitroep: “Eina, eina, my liefie! Hou net op!”
In die daaropvolgende chaos word daar ook dié woorde geuiter:
“Ek het net gekom om haar te help, ek gaan dit nie hier los nie…”
“Los my sleutel, ek vra jou mooi!”
“Jy het dit begin!”
“Hy is ’n lafaard man!”
“Ekskuus julle, ek vra verskoning.”
“Hy het my eerste geslaan! Ek respekteer mense…”
“Kan ek ’n sigaretjie kry asseblief?”
“Bel die polisie, asseblief my maat.”
“Wat gaan nou hier aan?”
“Hierdie ou raak tikkerig aan my!” (iemand antwoord) “Nee, hy het nie!”
“Gaan na daai huis toe!” (stem antwoord) “Sorry pa!”
“Jy kan nie vir my pa lieg nie!”
“As jy nie f..n maniere het nie….ek het jou reg groot gemaak!” (stem antwoord) “Sorry pappa.”
• Mnr. Jansen van Vuuren het sy weergawe van die gebeure aan die Middelburg Observer (Uitgawe van 23 Desember) vertel. Mnr. Kobus van Greunen, Jaco se pa, wou nie hul kant van die saak stel nie.




