Crime

Plaasaanval verdagte van ander rooftog verdink

Een van die agt verdagtes wat in Hazyview gearresteer is in verband met 'n plaasaanval naby Wapadskloof, word nou verdink dat hy by 'n ander gewapende roof in die Siyabuswa distrik verbind kan word.

Tshepang Donald Shabangu, word saam met agt ander mans, Jakson Ngomane, Kgopotso Shubi, Calvin Khanyile, Eugine Shabangu, Sydney Green, Wilfred Marule, Bongani Mahole en Obed Setladi, daarvan beskuldig dat hulle die Coetser gesin naby Wapadskloof in November in hul huis oorval en beroof het.

‘n Ondersoekbeampte van Siyabuswa het onlangs ‘n foto van die voorblad van 18 November, waarop Shabangu en sy mede beskuldigdes verskyn het, op sosiale media gesien.

Hy het dadelik met die www.mobserver.co.za in kontak gekom nadat hy vir Shabangu erken het.

Dit blyk dat Tshepang Donald Shabangu ook bekend staan as Patrick Malapane Shabangu en dat hy in Siyabuswa in die hof verskyn het vir gewapende roof en toe as ‘gesoek’ gelys is nadat hy versuim het om vir ‘n hofdatum daar op te daag.

Hy is tans in aanhouding in Middelburg en sal eers volgende jaar om borg aansoek doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button