VIDEO – Opvolg: Slagoffer sê hy gaan sake maak
Kriminele klagtes kan voortspruit uit die wrede aanval op mnr. Jaco Slabbert Maandagmiddag in Asaliastraat op Middelburg.
Mnr. Slabbert, ’n oud-speurder van Pretoria, het vanmiddag aangedui dat hy reeds by die Polisie was en sake gaan maak teen sy aanvallers.
Intussen het mnr. Brian Clarke, wat vir die wrede aanval verantwoordelik was, aan www.mobserver.co.za, gesê dat hy videomateriaal beskikbaar sal stel om te bewys dat hy eerste aangeval is.
Hy en nog twee mans het Slabbert vir sowat ’n kilometer gejaag, met twee ander motoriste wat met bakkies aan die jaagtog deelgeneem het.
Slabbert is soos ’n dier vasgekeer, weer pad toe gejaag en op die sypaadjie platgeduik.
Hy is daarna verskeie kere wreedaardig geslaan en daar is op sy kop getrap.
Lees ander nuus hier:
VIDEO (Waarskuwing – Nie vir sensitiewe luisteraars) – Soos diere agtervolg hulle man
N4 Vosman protest site cleared, open for traffic
N4 closed at Vosman due to protest on highway
Opvolg: Is lodge aan die brand gesteek?
Damstand stabiliseer te danke aan naweekreën
