Huursoldaat se vele botsings met die gereg
’n Middelburg inwoner het vir die soveelste maal met die gereg gebots.

Paul ‘Reaper’ Carr, is aangekla van strafbare manslag nadat hy in 2014 betrokke was in ’n voetgangerongeluk in SADCstraat waarin Mapule Sereto dood is.
Die saak is later teen hom teruggetrek en ’n geregtelike doodsondersoek dossier is geopen.
Die nasionale gevolgingsgesag het intussen beslis dat Carr vir Sereto se dood aangekla moet word en hy het onlangs sy eerste hofverskyning in die Middelburgse Landdroshof gehad.
In Julie 2015 is Carr van moord aangekla in Limpopo nadat Justin de Freitas aan ’n messteekwond beswyk het.
De Freitas en Carr het beide ’n motorfietssaamtrek by die Soetdorings Buiteklub naby Westernburg buite Polokwane bygewoon.
Carr is as verdagte geïdentifiseer nadat hy met bloed op sy hemp opgemerk is. Die moordsaak draai tans in die Hooggeregshof in Polokwane.
Oktober verlede jaar is Carr vir ’n derde keer gearresteer in die Leslie omgewing. By navraag het adjudant offisier Khuselwa Matrose, polisiewoordvoerder, gesê dat Carr van besit van vermoedelik gesteelde eiendom, betreding, poging tot huisbraak, besit van huisbraaktoerusting, opsetlike saakbeskadiging en poging tot moord aangekla word.
Hy is borg geweier en word in die Korrektiewe Dienste fasiliteit in Bethal aangehou.
Carr het voorheen as huursoldaat in die Midde Ooste gewerk.
Lees vorige storie hier:
Culpable homicide investigated
Woman dies in pedestrian accident
Read other news here:
Dramatiese video van sakeman se duin ongeluk
Businessmen accused of Billions in fraud
Suster roep tevergeefs na broer
Bekende in vleisbedryf pleeg selfmoord
Video and photos: Ambulance hit by hippo outside Pretoria
