Crime

VIDEO: Tracers kroeg vroegoggend deur inbrekers geteiken

Daar is ’n vermoede dat twee bekende karwagte Sondagmore betrokke was met die inbraak by Middelburg se motorfiets-vriendelike kroeg, Tracers.

’n Leë kasregister ter waarde van bykans R13 000, en duur bottels drank van meer as R2000, is tydens die inbraak gebuit.

Toegang is deur ’n venster verkry, en sekuriteitskameras het die inbraak opgeneem.

Op die beeldmateriaal kan gesien word hoe die een inbreker ingaan, terwyl die ander een, met ’n gebreklike been, buite op die uitkyk is.

Die inbreker, wat aan Tracers gaste bekend is as karwag, het ook aan die kantoordeur, waar die kluis is, gepeuter, maar kon nie inkom nie.

Geen arrestasies is nog gemaak nie.

Lees ander nuus hier:

VIDEO: Die voete dans by Platform Reünie

 

Back to top button