Crime

Vrou in koma na Dullstroom plaasaanval

Rob en Sue Howarth, van die plaas Marshlands in Dullstroom, sterk tans in die hospitaal aan na 'n plaasaanval vanoggend.

Alhoelwel inligting nog skraps is blyk dit dat die Howarth egpaar vanoggend net na 2 in hul huis oorval is.

Hul aanvallers het hul êrens tussen 03:00 en 05:00 langs die Stoffberg/Belfastpad afgelaai.

‘n Verbygaande trokbestuurder het mnr. Howarth net na 06:00 langs die pad opgemerk.

Hy het Belfast toe gery om hulp te ontbied.

Mnr. Howarth word tans vir skok en observasie in die hospitaal gehou. Mev. Howarth is tans in ‘n koma.

Wees op die uitkyk vir die egpaar se blou Nissan Hardbody dubbelkajuit met die registrasienommer CWP 149 MP en

bel jou naaste polisiestasie indien jy hulle gewaar.

Lees opvolg hier:

Plaasaanval bakkie gevind

Lees ander nuus hier:

Nuusflits: “Belfast inwoner dood na beweerde gesinsgeweld

Weather for the weekend

Vrou met dood gedreig

Pa en seun oorleef ongeluk

Gepeupelreg lei tot moord

Armed robber shot at e’Mhluzi Mall

Conspiracy to rob studio 88

Sikloon is op pad!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button