CrimeUpdate

Opvolg: Seun in hof vir pa se dood

’n Jong inwoner van Belfast het Maandag in die hof verskyn nadat hy in hegtenis geneem is vir sy pa se dood. Lion de Necker is in die bors geskiet, na bewering deur sy seun, Jan-Lion (21), na ’n voorval van gesinsgeweld.

Hy is Saterdagoggend by sy ouerhuis in hegtenis geneem.

Catryn de Necker, die oorledene se vrou en die beskuldigde se ma, het op Facebook gereageer op die oorspronlike berig oor mnr. De Necker se dood.

Sy het gesê dat hy met post traumatiese stress sindroom gesukkel het na 20 jaar as polisieman en dat hy ook aan erge depressie gely het na sy seun Pierre se dood verlede jaar.

Pierre de Necker is in Julie 2016 dood nadat hy deur ’n groep mense in Belfast aangeval, met stokke en bottels geslaan en geskop is.

Hy is daarvan beskuldig dat hy een van sy aanvallers se motor vroeër gesteel het. Niemand is vir sy dood gearresteer nie.

Mev. De Necker het gesê dat haar man ’n gewelddadige geskiedenis gehad het en op die noodlottige aand vir haar en haar jonger seun met messe wou aanval. Mnr. De Necker het messe versamel.

Volgens haar het haar ouer seun tussenbeide getree en in die proses ’n lelike snywond aan sy arm opgedoen. Hy kon daarin slaag om sy pa weg te stamp, voordat hy gehardloop het om ’n wapen as afskrikmiddel te kry.

Dit is op hierdie stadium nie duidelik aan wie die vuurwapen behoort het en of dit gelisensieerd was nie.

Mev. De Necker sê dat haar seun sy pa herhaaldelik gewaarsku het om nie weer sy ma en boetie seer te maak nie en hom gevra om die messe neer te sit.

Sy beweer dat mnr. De Necker daarna alle beheer verloor het en op sy twee seuns en vrou afgestorm het met die dreigement dat ‘hy almal nou gaan doodmaak.’

Lion de Necker (junior) het daarna ’n skoot afgevuur wat mnr. De Necker senior in die bors getref het. Die gesin het die polisie en ambulansdienste na die huis ontbied, maar dit was reeds te laat.

Daar is twee messe by die oorledene gekry. Een daarvan was so skerp dat dit aanhoudend deur die bewysesakkie gesny het en in verskeie koeverte gesit moes word om dit as bewysstuk te bewaar.

Die uitkoms van mnr. De Necker se hofverskyning was nie voor druktyd bekend nie.

Lees ander nuus hier:

Reënmeters al halfpad!

Wie is wie in misdaadgeveg?

Beware of pre -paid power scammers

Nuusflits: “Belfast inwoner dood na beweerde gesinsgeweld

Vrou met dood gedreig

Pa en seun oorleef ongeluk

Gepeupelreg lei tot moord

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button