CrimeUpdate

Plaasaanval bakkie gevind

Die bakkie wat aan ’n Dullstroom egpaar behoort is vanoggend in Middelburg voor ’n taverne, bekend as Natal Kafee, gevind.

Robert Lynn en Sue Howarth is Sondagoggend in hul huis aangeval en aanvallers het hul later in hul blou Nissan Hardbody dubbelkajuit geboender en op die R33 (Stoffberg-Belfastpad) afgelaai.

Beide is in die kop geskiet en met blaasvlamme gebrand. Mnr. Lynn is tans in ’n bedenklike toestand terwyl mev. Howarth steeds kritiek is.

Die bakkie is verlate in die reën gevind. Daar was geen aanduiding van hoe lank dit al daar staan nie. Een van die agtervensters is stukkend en die enjinkap was effe oop.

Die Middelburg Polisie bewaar tans die voertuig tot die forensiese eenheid na die toneel kan kom.

Lees vorige storie hier:

Vrou in koma na Dullstroom aanval

Read other news here:

Nuusflits: “Belfast inwoner dood na beweerde gesinsgeweld

Weather for the weekend

Vrou met dood gedreig

Pa en seun oorleef ongeluk

Gepeupelreg lei tot moord

Armed robber shot at e’Mhluzi Mall

Conspiracy to rob studio 88

Sikloon is op pad!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button