Crime

Man moet lank sit na roof

'n Bejaarde vrou was verheug toe sy verneem het dat die man wat haar drie jaar gelede aangeval het, vir 15 jaar tronk toe gestuur is.

‘n Bejaarde vrou was verheug toe sy verneem het dat die man wat haar drie jaar gelede aangeval het, vir 15 jaar tronk toe gestuur is.

Peter Lucky Siloane is in die streekhof skuldig bevind aan huisroof en betreding na voorvalle in 2014.
Me. Anaat Bell (83) is in Augustus 2014 in haar huis oorval, gewurg en met haar eie knopkierie geslaan.

Siloane is in September 2014 in ‘n polisievrou, sers. Sibongile Bayi, se erf gearresteer, waarna hy deur verskeie klaers positief geïdentifiseer is vir ander sake.

Landdros Andreas Masteroudes was nie tevrede met die manier waarop die uitkenningsparades hanteer is nie en Siloane is net skuldig bevind op ‘n klagte van huisbraak met die opset om te roof (me. Bell) en betreding (sers. Bayi se erf waar hy gearresteer is).

Die twee jaar vir betreding sal samelopend met die 15 jaar uitgedien word.

• Siloane was in die tyd wat hy verhoorafwagtend was, die hele tyd in aanhouding, aangesien hy tydens sy arrestasie uit was op parool vir huisbraak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button