Crime

Mans steel honde

Twee mans in ’n rooi ou tipe Toyota Corolla het vanoggend weggejaag nadat hulle gekonfronteer is omdat hulle honde steel.

Twee mans in ’n rooi ou tipe Toyota Corolla het vanoggend weggejaag nadat hulle gekonfronteer is omdat hulle honde steel.

Mnr. Hendrik Mostert sê dat hy netnou deur sy huishulp gewaarsku is dat iemand hul hondjie, ’n minatuur pekinees, probeer steel het.

Hy vermoed hulle het die hondjie weer neergesit, omdat hy baie aggressief is, want die hondjie het weer huistoe gekom.

Mnr. Mostert het in sy kar gespring en in die rigting gery waar sy tuinwerker die voertuig sien opbeweeg het in Totiusstraat (Gholfsig).

By ’n stopstraat naby die substasie, het hy die voertuig sien staan. Die passasier het uitgeklim en geloop tot by die heining waar die persoon deur die heining geloer het in die huis se rigting.

Mnr. Mostert het nader gery om die mans te konfronteer. Die oomblik toe hy uitklim, het hy gesien dat daar nog drie hondjies, twee foksterriërs en ’n doberman pinscher, in die voertuig is.

Die booswigte het die drie hondjies by die deure uitgegooi en weggejaag in die rigting van Mhluzi. Mnr. Mostert het gekyk vir ’n registrasienommer, maar die voertuig het nie nommerplate gehad nie.

Die hondjies het in alle rigtings weggehardloop.

Hy het gemeld dat hy die polisie gebel en ook op die Middelburg 911/GPF groep laat weet het dat hulle op die uitkyk moet wees vir die voertuig.

“Ek vermoed hulle steel die honde, sodat die ‘geraas’ weg sal wees as hulle wil toeslaan op ons huise oor die Paasnaweek! Ek vra dat almal net sal dophou. Dalk is dit ’n nuwe tendens onder diewe

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button