Crime

Sakeman alweer in die hof

Sy borgaansoek is Donderdag voortgesit, maar sy borg is geweier en uitgestel tot 13 Julie vir 'n formele borgaansoek.

Sakeman Dolf Coetzee (eienaar van Autospares @ Dolf), het verlede Woensdag in die hof verskyn op ’n klagte van onder andere opsetlike saakbeskadiging.

Sy borgaansoek is Donderdag voortgesit, maar sy borg is geweier en uitgestel tot 13 Julie vir ‘n formele borgaansoek.

Coetzee se verskyning spruit voort uit ’n voorval waar ‘n kliënt na bewering iets gekoop het by sy besigheid. Die kliënt het die produk teruggebring en wou sy geld terughê, maar mnr. Coetzee het klaarblyklik geweier en hom gewys op ’n bord dat hulle nie produkte terugneem nie.

Na wat verneem word het die kliënt sy selfoon uitgehaal om foto’s te neem. In die daaropvolgende gebeure is die kliënt se selfoon blykbaar beskadig en hy is aangerand.

• Coetzee is in Meimaand aangekla vir onder meer poging tot moord, ontvoering en aanranding na aanleiding van ’n voorval op 21 April waar Lucky Ndlovu beweer dat hy deur Coetzee en ander mans by die spruitjie in Weeberstraat aangerand is.

Jaco Swanepoel (22) en Johannes Koster (69) is kort na Coetzee aangekla op dieselfde klagtes en ’n paar weke later is ’n vierde verdagte, Hassen J. Dada (25), aangekla.

• ’n Uitsettingsbevel is bedien teen Coetzee en moes sy besigheid, Dolf@Autospares in Weeberstraat, einde Mei uit dié gebou gewees het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button