Crime

Honderde gesteelde motorfietse in Mosambiek

Honderde gesteelde motorfietse uit Suid-Afrika staan in Mosambiek.

Vir jare al word motorfietse op groot skaal in die land gesteel. ’n Speurder in die intelligensie afdeling van die polisie het aan www.mobserver.co.za gesê dat ’n man betrap is wat ’n volledige motorfiets in ’n drasak oor die grens gesmokkel het.

Nie net word motorfietse gesteel nie, maar in baie gevalle word motorfietse gesteel, iewers versteek en word dan volledig uitmekaar gehaal en die parte in Mosambiek verkoop.

Op Middelburg alleen is daar al sowat 150 honde vergiftig wat net motorfietse teiken.

Die twee motorfietse wat gesteel is. Diewe diewe wou die sleepwa ook steel, maar kon nie die hek langs die huis oopkry nie.

’n Sindikaat is bedrywig en joernaliste het al vasgestel dat polisiemanne ook betrokke is.

Nou het ’n privaatspeurder op honderde gesteelde motorfietse in Mosambiek afgekom.

Lees ook: Motorfietse in Mosambiek gekry

Mnr. Neil van Wyk (speurder van Spiff Consultants in Bloemfontein) sê hy het net die motorfietse afgeneem en op WhatsApp groepe geplaas om te kyk of hy die eienaars kan opspoor.

Hy het half “per ongeluk” agtergekom dat honderde motorfietse gesteel word, wat uiteindelik in Mosambiek beland en verkoop word.

Mnr. Van Wyk sê dat hy ‘n ondersoek gedoen het vir ‘n kliënt wie se waterponies in Bloemfontein gesteel is.

Waldo la Grange en Sonja van Huyssteen op hul KTM motorfietse onlangs afgeneem. Beide motorfietse is Sondag in die vroeë oggendure gesteel.

Hy het inligting opgevolg dat die waterponies in Mosambiek is en dit ook daar opgespoor.

Tydens sy ondersoek het hy die motorfietse daar gesien. “Dit is skokkend hoeveel motorfietse daar is!”

Mnr. Van Wyk sê daar is al sedertdien ‘n paar motorfietse teruggekry en aan die eienaars teruggegee, maar daar is nog tientalle motorfietse in die land.

Word die motorfiets wel daar opgespoor, is dit ‘n lang proses, want ‘n hofbevel moet by ‘n landdros gekry word, alvorens daar beslag gelê kan word op die motorfiets.

Mnr. Van Wyk sê hy kan onmoontlik nie al die honderde oproepe hanteer wat daagliks deurkom nie en hy werk ook deur meer as 600 WhatsApps per dag.

Mense wie se motorfietse gesteel is en nog nie teruggekry is nie, is welkom om hom via WhatsApp te kontak vir navrae by 081 338 9164.

Die rooi strepe op die sypaadjie. Hulle vermoed die diewe het die huis “gemerk”.

• Mnr. Van Wyk se verhaal bevestig inligting wat Werner Koekemoer, ‘n lid van ‘n gespesialiseerde ondersoekeenheid in Pretoria, twee weke gelede vir die koerant gegee het.

Hy het gemeld dat daar twee sindikate betrokke is by die motorfietsdiefstalle.

Daar is een groep wat die volledige motorfiets uitvat na Mosambiek om te verkoop en dan is daar ‘n groep wat die motorfietse steel en uitmekaar haal om die parte te verkoop. Hy het gesê dat die sindikate veral geïnteresseerd is in superfietse.

Back to top button