Crime

Rowers probeer motorfietse steel

Vier mans met balaklawas het pas probeer om motorfietse in Umfolozistraat te steel.

’n Tuinwerker het gesien wat gebeur.

Volgens sy beskrywing het vier gewapende mans, twee wit mans, een met lang hare, asook twee swart mans, waarvan een vet is, met ’n maroen 4×4 bakkie, sonder ’n kappie, die motorfietse probeer steel.

Lees ook: Motorfietse in Mosambiek gekry

Honderde gesteelde motorfietse in Mosambiek

Daar is op die noodgroepe gevra dat die mense op die uitkyk moet wees vir die bakkie, asook versigtig moet wees en hulle nie konfronteer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button