CrimeUpdate
Vriendelike inbrekers doen dit in styl
Aitsa, kyk net so inbreker! Uitgevat in ’n snyerspak agter die stuur van ’n Porsche.

Ja nee, die land se kriminele doen dit in styl.
En nie net in styl nie, maar ook met groot vriendelikheid.
Die Porsche bende het weer op Middelburg toegeslaan.
’n Man wat verby hulle gery het in die Aerorand woongebied kort na ’n inbraak, sê die inbrekers het nog uit die Porsche Cayenne vir hom gewaai.
Lees ook: Video: Porsche weer betrokke by inbraak
Hulle is weg met vyf televisiestelle en ’n Toyota Hilux.
Daar is binne drie weke al 23 Porsches in Gauteng gesteel, waaronder Cayennes en Panameras.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
